A CULTURAL COMPASS

Inspired by the Cape of Good Hope's legacy as trade post along the maritime route that led to the alluring Spice Isles, De Warenmarkt brings you a range of delectable speciality meats, crepes, baked goods, craft beer, coffee, fresh Saldanha Bay oysters, sparkling Simonsig MCC & much more. Immerse yourself in the rich and diverse cultural heritage that established the Cape as one of the world’s most important culinary destinations.

 

Die gróót dag het aangebreek – ons stel ons splinternuwe aanlyn-wynemporium bekend! By die Simon Wine Emporium, in samewerking met Stellenbosch Wynroetes, kan wynliefhebbers regoor die wêreld nou die topwyne van ons streek aanlyn koop – teen kelderdeurpryse. Ons is baie opgewonde oor hierdie unieke aanbieding, met eksklusief Stellies-wyne beskikbaar teen dieselfde prys as by die wynkelders self.

Ons spring weg met ‘n verskeidenheid van 145 uithalerwyne van 73 lede van Stellenbosch Wynroetes, keurig deur ‘n paneel wynkenners saamgestel uit die vyf substreke van ons wynlande. Die paneel het ook gemengde bokse van ses wyne elk bymekaargesit, per kultivar – só kan jy bv. ‘n bottel Cabernet uit elk van die substreke geniet.  Óf jy kan jou eie boks saamstel, teen geen ekstra koste nie.

Daar’s ook promosiewyne beskikbaar teen nóg laer pryse, asook wyne ‘uit ons kelder’ vir daardie spesiale wyn of oesjaar wat nêrens anders beskikbaar is nie. Só het Bertho van der Westhuizen van Alto, Rijk Melck van Muratie en Johan Malan van Simonsig vir ons bokse van hul topwyne uit verskillende oesjare saamgestel – in Alto se geval, sommer in magnumformaat!

Ons plaaslike kliënte kan al die wyne wat op die webtuiste te koop is, in die Simon Wynkroeg proe – ons sommeliers sal jou bystaan met ‘n voorafsaamgestelde wynproe, of een van jou eie keuse. Al die wyne sal op ‘n rotasiebasis in die restaurant beskikbaar wees, in drie formate: proeglas, vol glas en per bottel.

Die Simon Wine Emporium is voorwaar enig in sy soort – ons dink dis uiters gepas vir óns dorp, aangesien Stellenbosch in 1971 die heel eerste wynroete in Suid-Afrika bekend gestel het. Besoek gerus www.simonwineemporium.co.za – daar’s hope inligting, keuses en ‘specials’ – laat ons weet wat jy dink!

www.simonwineemporium.co.za / follow this link to Simon Wine Emporium online shop